KLASSE
Klasse word volgens die volgende ouderdomsgroepe ingedeel:
• Baba klas (4 maande – 1 jaar) (2024/2025 gebore)
• 1 – 2 jaar (2023 gebore)
• 2 – 3 jaar (2022 gebore)
• 3 – 4 jaar (2021 gebore)
• 4 – 5 jaar (RR) (2020 gebore)
Kurrikulum
Ons gebruik ‘n kombinasie van ELDA gebaseerde kurrikulums. Ons volg
weeklikse temas wat uit die volgende bestaan:
• Sensoriese ontwikkeling
• Geletterdheid
• Gesyferdheid
• Spraak en Taalvaardighede
• Lewensvaardighede (Vryspel – binne en buite)
• Grootmotories en Fynmotories
• Kreatiwiteit en Verbeelding
• Musiek en stories
• Emosionele – en sosiale vaardighede
• Denke en probleemoplossing
• Voorbereiding vir skryf, spel en lees
Let asseblief daarop dat kleuters nie elke dag ‘n prentjie huis toe sal bring nie. Ons
fokus nie net op die skeppende aspek van onderrig nie, maar ook op fynmotories,
grootmotories, sensories ens.
Hoe lyk ‘n dag by ons?
Die volgende is ‘n tipiese dag by Suikerbekkie Kleuter Akademie en mag
verskil na gelang van ouderdom:
Elke dag bestaan uit ‘n kombinasie van die volgende aktiwiteite:
Ontbyt
Samesang
Vryspel buite/ binne
Bybel, Temabespreking, Rympie, Persepsie, Skeppende kuns, Bak en Brou,
Kodering
Grootmotories / Fynmotories / Musiek /
Slaaptyd*
Middagete
Storietyd
*Slegs maats van die babaklas, 1 – 2 jaar en 2 -3 jaar slaap gedurende die dag.
