Skoolfooie
Skoolfooie 2025
• Met herregistrasie/ inskrywing vir 2025 is‘n registrasiefooi van R950 per kind betaalbaar vanaf November.
• Hierdie registrasiefooi sluit bak en brou, spesiale dae en skryfbehoeftes vir die jaar in.
Skoolfonds per maand:
Halfdag 06:30 – 13:30
Babas (In die babaklas) R1780
Kleuters R1680
Voldag 06:30 – 17:20
Babas (In die babaklas) R2430
Kleuters R2330
• Skoolfonds word bereken op TWAALF maandelikse paaiemente indien u vakansiesorg benodig en ELF maandelikse paaiemente indien u nie vakansiesorg benodig nie.
• Skoolfonds is vooruitbetaalbaar en geskied streng voor of op die 2de van elke maand vir die betrokke maand.
• Afslag 10% op die totale jaarlikse fooi indien vooruit betaal word voor 31 Januarie 2025. R200 af op die tweede kind van dieselfde gesin en R300 af op die derde kind van dieselfde gesin.
• ‘n Skoolhempie kan op bestelling aangekoop word teen R180.
• ‘n Skoolbaadjie kan op bestelling aangekoop word teen R400.
• Ons sal in 2025 ons skoolhempie – reeks bekendstel.
ONTBYT
Kleuters ontvang elke oggend om 08:40 ontbytpap (lekker warm mieliepap,
hawermout of Weetbix) by die skool.
MUSIC MINDS KLASSE
Alle Suikerbekkie – maats geniet een maal per week musiekklassies wat by
die skool aangebied word. (Babas – RR)
Kyk gerus na die volgende video vir meer inligting oor Music Minds:
https://youtu.be/-9HV6XiaYv4
KORDERING (‘Unplugged’)
Kodering sal vanaf 2025 deel vorm van ons kurrikulum. Kodering klassies
sal een maal per week deur ons eie jugrouens aangebied word.
Slegs vir 3 -4 & RR – maats. Maats sal aan die einde van elke kwartaal ‘n
sertifikaat ontvang. (Klasse word sonder die gebruik van tegnologie
aangebied.)
KORDERING (‘Unplugged’)
Bak en Brou
Sensoriese spel ‘Messy Play’
VOLDAG INGESLUIT
Middagete om 13:45
Water & Sap
Gesonde peuselhappie
UITGESLUIT OP MAANDLIKSE FOOI
• Alle doeke en wet wipes vir babas en kleuters wat nog doeke dra.
• Melk vir babas en kleuters wat nog bottel drink.
• Alle maats bring asseblief 2 x bokse sneesdoekies (tissues), 2 x
wet wipes en 1 x handdoekrol kwartaaliks.
• Buitemuurse aktiwiteite beskikbaar:
Playball
RSD Rugby
Avengers Hockey Academy
Selah Kunsklasse
Step Up School of Dance
• Jaarlikse fondsinsamelings & Instappies (Vooraf gekommunikeer.)
VAKANSIE SORG
Skoolfonds word bereken op TWAALF maandelikse paaiemente indien u
vakansiesorg benodig m.a.w. u betaal dan vir Desember ook.
Besprekings hiervoor vind plaas met registrasie vir 2025.
Gedurende vakansietyd word daar nie ‘n formele akademiese program
gevolg nie, maar wel ‘n informele vakansieprogram. Al die personeel sal nie
aan diens wees nie, maar wel twee of drie personeellede.
*Let wel dat die skool gesluit sal wees op skoolvakansiedae en
publieke vakansiedae. Ons sluit ook elke jaar vanaf middel Desember.
SKOOL URE
Voldag Maats: 06:45 – 17:20
Halfdag Maats: 06:45 – 13:30
Alle maats moet asseblief teen 08:30 by die skool wees.
Ons middagprogram is informeel en maats geniet vryspel.
SKOOLJAAR EN KWARTALE
Ouers wat vooraf geregistreer is vir vakansiesorg* sal vanaf 8 Januarie 2025
– 14 Januarie 2025 van vakansiesorg gebruik kan maak.
Kwartaal 1: 15 Januarie – 28 Maart
Kwartaal 2: 8 April – 27 Junie
Kwartaal 3: 22 Julie – 3 Oktober
Kwartaal 4: 13 Oktober – 12 Desember
*Skoolfonds word bereken op TWAALF maandelikse paaiemente indien u
vakansiesorg benodig en ELF maandelikse paaiemente indien u nie
vakansiesorg benodig nie. Besprekings hiervoor vind plaas met registrasie
vir 2025.
